Die Geskiedenis van Laerskool President Steyn
"Die skool waar elke kind se hart gevul word met liefde en inspirasie!"
LAERSKOOL PRESIDENT STEYN

President MT Steyn
Voor daar skole was het seuns beeste opgepas en hulle pa’s gehelp op die plaas. Terwyl dogters saam met hul ma’s by die huis gebly, skoongemaak en gekook het. Kennis is verky deur hul ouers, grootouers en Die Bybel.
Daar was wel onderwysers gewees, maar hulle was ‘meesters’ genoem en het van plaas to plaas gery om kinders te leer by hul ouer-huise
Laerskool President Steyn se geskiedenis begin by die Juniorskool, wat tot stand gekom het op 3 Augustus 1937 met Graad 1 – 4 klasse. Die Laerskool President Steyn wat ons vandag ken is vernoem na President MT Steyn. Hy was president van die Oranje Vrystaat en die Boere Republiek. Ons geboue is voltooi in 1976 en die skool het vir leerders ge-open op 17 Januarie 1977 en word op Afrikaanse Christelike waardes gevestig.
Die skool moes oor die jare vergroot soos die aanvraag toegeneem het, tot waar ons vandag is met om en by 1200 kinders en 60 opvoeders.
Die skoolwapen bestaan uit die volgende:
-
Vlinder: Die oorpsronklike juniorskool wapen
-
Boek: Simboliek van die Bybel en ons Christelike waardes
-
Skild met 3 kwartels: Dit was deel van President Steyn se familie wapen
-
Leuse: DOEN DIT NOU
Ons skool kleure is trots: ROOI, BLOU en GEEL

Vorige hoofde
| 1978-1992 | Mnr S van Zyl | |
| 1993-1997 | Mnr E Laas | |
| 1998-2007 | Mnr AG Brits | |
| 2007-2023 | Mnr PJ le Roux | |
| 2024 - 2025 | Mnr A Mc Master | Waarnemend |
| Huidig | Mev L Fourie | Waarnemend |



