Sport

"Maak nie saak hoe goed jy word nie, jy kan altyd beter word, en dit is die opwindende deel."

Tiger Woods

STEYNE ATLETIEK:

Waar Spoed, Spangees en Sterre Saamsmelt!

Elke jaar bars die atletiekbaan van energie wanneer ons jong atlete, van ouderdom 7 tot 13, hul skoene vasmaak en regmaak vir aksie! Van blitsige naellope tot kragtige gewigstoot — daar’s iets vir elke sportster-in-wording. Items sluit in nallope, middelafstande, hoogspring, gewigstoot, verspring, spiesgooi, werpskyf, hekkies en dan ook aflos.

Maar dis nie al nie! Ons atlete kry die kans om hul talent te wys op groot verhoogde — Interlaer, Groter Alberton en die D6 Kampioenskappe. En jaar ná jaar maak ons trots plek vir sterre wat deurdring na die Gauteng Kampioenskappe, waar hulle teen die top-atlete van die provinsie hul staal wys. Ons het ook `n jaarlikse Superreeks waaraan ons meeding teen 11 ander skole!

Skoolatletiek is meer as net kompetisie — dis waar selfvertroue blom, sportmangees floreer en drome begin vlerke kry. Hier hardloop ons nie net vir medaljes nie, maar ook vir die liefde van die sport en die trots van ons skool!

STEYNE RUGBY:

Ons bied geleenthede aan vir seuns vanaf die ouderdom 5 tot 13 om liefde te kweek vir rugby.

Watter geleentheid kry my kind by die Steyne

  • Ons streef daarna om elke seun te ontwikkel tot die beste van sy vermoë.
  • Toere is vir ons ongelooflik belangrik vir ervaring en herinneringe wat 'n leeftyd by mens bly.
  • Tradisies waar seuns leer om trots en selfvertroue te handhaaf.
  • Ons neem deel in die hoogte liga in die Goue Leeus Streek " GLRU SUPER-LIGA".
  • Ons neem ook deel aan 'n superreeks jaarliks waar 12 skole teen mekaar speel vir 'n plek.
  • Seuns kry geleentheid om proewe by te woon om streekspanne te behaal waar daar dan seuns gekies kan word om vir die Leeus Cravenweek 0/12 & 0/13 te speel.
  • Ons is baie trots daarop om te noem dat ons verskeie seuns oor die jare gehad het wat streekspanne, 0/12 & 0/13 Leeu spanne, GRANT KHOMO 0/16 spanne verteenwoordig het. Ons het ook in 2024 ons eerste Steyne seun "Ulrich van der Merwe" wat verkies was tot die SA Skole span en tans by die Hollywood Sharks se groep opgeneem is.


STEYNE NETBAL:

Ons bied geleenthede aan vir dogters vanaf die ouderdom 6 tot 13 om liefde vir netbal te laat blom.

  • Ons streef vir die ontwkkeling van elke dogter se vermoë en talente.
  • Respek vir die sport en mede spelers is van groot belang.
  • Ons speel huidiglik in die B-Liga waar 13 skole verdeel word in 2 POOLS.
  • Toere is van groot belang om vaardighede te verbeter, ander skole te ontmoet en onvergeetlike ervarings saam spanmaats en afrigters te beleef.
  • Ons neem jaarliks deel aan 'n Superreeks waar 12 skole teen mekaar speel.
  • Ons 0/12 en 0/13 dogters kry ook die geleentheid om aan die streeksproewe deel te neem waar hulle gekies word vir die Gauteng spanne.
  • Ons speel ook met graagte na afloop van elke Netbal seisoen 'n baie lekker ... JUFFIES vs. SPELERS wedstryde. Dit is om die goeie seisoen van liefde, passie en gees vir die sport Netbal met ywer af te sluit.


STEYNE KRIEKET:

Laerskool President Steyn bied ook krieket aan as sportsoort. Daar is goeie afrigters wat verskeie vlakke van afrigting het.

President Steyn begin met die juniorspannetjies.

Ons begin by die 0/8 seuntjies wat hardebal krieket speel. Hulle speel dan ook vrienskaplike wedstryde.

Die 0/9, 0/10 en 0/11 is die junior Krieket seuns wat dan ook in die SOR krieketliga speel en hulle kan aan die SOR proewe deelneem.

Die skool rig ook 0/12 en 0/13 seuns af as die skool se 1ste en 2de span krieket seuns. Hulle neem ook aan die SOR proewe deel.

Die skool het tans 2 krieketvelde met klei blaaie. Ons het ook 5 nette wat gebruik word om mee te oefen. Die skool het ons spreiligte begin opgradeer en wil graag aandwedstryde aanbied die jaar .

Die volgende is dan ook in die pyplyn vir krieket 2025. Ons wil begin met dogters ook aan krieket bekend te stel.

STEYNE HOKKIE:

Ons bied hokKie aan vir Dogters en seuns!

  • Dogters en Seuns spanne - vanaf 0/7 tot 0/13 - Ons kweek 'n groot liefde vir die sport by die leerders met ons afrigters.
  • Ons bled toere aan vir ontwikkeling van die spelers.
  • Ons speel in die Alberton Liga waar ons teen 10 skole speel.
  • Ons neem deel aan verskeie toernooie ook waar ons spelers die geleentheid kry am op 'n BM veld te speel.
  • Ons 0/10 tot 0/13 dogters neem ook deel aan die Superreeks waar ons teen verskeie skole speel.
  • Ons spelers seuns en dogters neem elke iaar deel aan die Oos Gauteng proewe waar ons elke jaar verskeie leerders het wat deur dring na die finale spanne.
  • Ons het oak afrigters wat deel is van die Oos Gauteng afrigtings groepe.
  • Ons sluit die seisoen af met 'n lekker fees waar die afrigters hulle vaardighede Kan wys. Dit is baie pret.

STEYNE TENNIS:

Tennis is ’n vinnige, opwindende sport wat krag, spoed en strategie kombineer.

Dit verbeter fiksheid, hand-oog-koördinasie en deursettingsvermoë – en boonop is dit hope pret! By ons skool is tennis nie net ‘n sport nie – dit is ‘n passie!

By Laerskool President Steyn bied ons tennis vir al ons leerders aan – van beginners tot ervare spelers. Of jy nou jou eerste hou leer of jou wenhou wil slyp, ons afrigting en oefeninge help jou om jou volle potensiaal te bereik!

Sluit aan en ervaar die pret en uitdagings van tennis. Kom speel, leer en wen saam met ons!

STEYNE LANDLOOP:

Het jy uithouvermoë, deursettingsvermoë en ‘n liefde vir hardloop?

Landloop is die perfekte sport vir jou! Dit toets jou spoed en stamina terwyl jy oor verskeie terreine hardloop – van grasvelde tot grondpaaie.

By Laerskool President Steyn kry al ons leerders die geleentheid om aan landloop deel te neem. Dit bou nie net fiksheid en selfvertroue nie, maar ook ‘n gees van deursettingsvermoë en spanwerk.

Sluit aan by ons landloopspan en ervaar die opwinding van wedlope, die vars lug en die trots van elke voltooide resies!

STEYNE GHOLF:

Laerskool President Steyn het in 2024 begin met gholf as `n nuwe sportkode.

Dit bied die leerders van ons skool net nog `n geleentheid vir deelname en `n passie vir die sport te ontwikkel.

Ons beoog om in 2025 die volgende spanne in die Alberton Liga in te skryf:

  • A – Span
  • B – Span
  • C – Span
  • Dogterspan

Enige leerder is welkom by die proewe, dit is nie net beperk tot `n sekere ouderdom nie, leerders mag wel net nie ouer as 0/13 wees nie.

Die liga vind in die vierde kwartaal plaas.

STEYNE SKAAK:

Skaak is nou 'n opwindende nuwe sport by Laerskool President Steyn en ons is baie trots om dit vir ons leerders aan te bied.

Dit is 'n sport wat nie net die brein oefen nie, maar ook strategiese denke en probleemoplossingsvaardighede bevorder. Die toevoeging van skaak aan ons sportprogram bied 'n wonderlike geleentheid vir kinders om hul kognitiewe vermoëns te ontwikkel terwyl hulle ook op 'n gesonde manier meeding.

Ons is opgewonde oor die potensiaal van skaak om ons leerders te help groei op 'n intellektuele vlak. Deur gereelde oefening en deelname aan skaakkompetisies sal die kinders nie net hul konsentrasie verbeter nie, maar hulle sal ook die waarde van geduld, deursettingsvermoë en spanspeling leer. Dit is 'n sport wat vir alle leerders toeganklik is, ongeag hul fisieke vermoëns.

Die hele skoolgemeenskap is opgewonde om skaak as sport te ondersteun. Ons sien uit daarna om aan skaakwedstryde deel te neem en leerders aan te moedig om hul vaardighede te toets teen ander skole. Dit is die begin van iets baie opwindends by Laerskool President Steyn en ons glo dat dit nie net die kinders nie, maar die hele gemeenskap sal inspireer.

DOEN DIT NOU!