Kaskar Dag
"Leer is nie 'n toeskouersport nie, so kom ons speel!"
Laerskool President Steyn
Laerskool President Steyn het 'n opwindende kaskar dag wat groot pret en geesdrif het. Die veld is vol kleur en energie met die leerders wat reg is om 'n gesonde kompetisie teen mekaar af te skop.

Elke klas het hul eie tema ontwerp, van Formula 1 inspirasie tot super helde waar kinders 'n groot S op hulle hemde het om as Superman te wees!
Die kaskar dag leer die kinders om saam as 'n groep te werk. Elke kind kry die kans om te bestuur en 2 tot 3 maats stoot die karretjie.
Steyne spog elke jaar met ons opwindende kaskar dag!











