Uit die Hoof se Pen
"Welkom by Laerskool President Steyn - 'n plek waar elke kind iemand is"
Me. L. Fourie
UIT DIE HOOF SE PEN!
Welkom by Laerskool President Steyn - 'n plek waar elke kind iemand is.
Hier begin 'n kind se drome!
Ons glo dat ware onderwys die kind in totaliteit moet vorm. Die drie bene waarop ons skool gebou is naamlik: akademie, sport en kultuur, dra saam by om 'n volwasse, gebalenseerde jong mens te vorm, wat met serfvertrou hul plek in die wêreld kan inneem.
Ons leuse, "Doen dit nou", herinner ons daagliks daaraan dat drome en potensiaal in die hede begin - met toewyding, harde werk en opregte menswees.
Ons is trots op ons ryk geskiedenis, maar net so trots op ons groei en ontwikkeling tot 'n skool wat in vandag se wêreld relevant bly.
Hier wil ons wees - nie omdat ons moet nie maar omdat ons lief is vir ons leerders en ons beroep. Die warm atmosfeer en liefdevolle personeel, verseker dat u kind gelukkig sal wees by ons.
Ons sien uit om u te ontmoet!
Me. L. Fourie (Waarnemende Hoof)




