Sing jy mooi word jy vir die Junior- en Seniorkoor gekies. Het jy 'n bietjie waagmoed? Kan jy voorgeskrewe of Eie Keuse gedigte in Afrikaans of Engels doen?
Vir die brawer Steyne is daar Gedramatiseerde Poësie, Monoloë en Prosa. Daar word geleentheid geskep vir die wat nie alleen wil praat nie. Hulle kan aan die spreekkore deelneem.
Van 2024 af is daar 'n Wiskunde afdeling. Party van ons hou nie van praat nie, maar sjoe, hulle doen 'n bewerking sommer een-twee-drie.
Hierdie jaar kom daar 'n spelkompetisie by. Almal wat goed kan spel kan daaraan deelneem.
Vir ons outjies wat nie daarvan hou om voor mense te praat nie, is daar 'n geleentheid om aan die kuns deel te neem. Pragtige sketse word elke jaar opgetower. Ons spog ook met Itemwenners en Afdelingswenners.
Kunswedstryd...'n gedulde geleentheid vir al die Steyne.