Paarl Gimnasium Netbalfees
"Herinneringe vir 'n Leeftyd!"
PAARL GIMNASIUM NETBALFEES

Die Steyne Netbal
Voorbereiding vir die Netbal Liga!
Laerskool President Steyn neem elke jaar met trots deel aan die gesogte Paarl Gimnasium Netbalfees, en 2025 is geen uitsondering nie.
Ons O/13 netbalspaan kry jaarliks die geleentheid om hul vaardighede te wys en ontwikkel, nuwe vriende te maak en die opwinding van hierdie lewendige netbalfees te beleef. Hierdie toer is ’n hoogtepunt op ons sportkalender – ’n geleentheid waar jong talent floreer en die ware netbalgees gevier word.
Ons sien uit daarna om weer teen ander talentvolle spanne mee te ding en trots die Steyne-naam te dra!








